Nes die liefde los Jak de Priester se liefdesliedjies ’n spoor deur jou hart. Kyk maar mooi: Lank nadat jy sy nuutste album, Die Liefde Los ’n Spoor, geluister het, maal die ballades se lirieke nog deur jou kop.

Die twee liedjies oor sy kinders, Hippie Haai (Song vir Jamie) en Gebed vir Mia, is aangrypend.

Tussen die 18 snitte is ook lekkerlagoomblikke soos Roer Jou Voete, Padwoede en Pajamadril.

’n Mens kan jou ook verluister aan Die Oom Song, ’n duet met Dozi.

Volg Huisgenoot op Twitter.