Ons dink: 4/5

Die Britse sintetiese popduo Hurts het ’n versameling epiese, onstuimige liedjies vir hul debuutalbum geskep.

Met diepsinnige lirieke en strelende sang wat aan OneRepublic herinner – maar met ’n pop en elektroniese fokus – is Happiness net ’n plesier.

Ons is dol oor al die liedjies, veral die solo-snitte Wonderful Life en Better Than Love, en die openingsnit Silver Lining en Devotion waaropKylie Minogue saamsing.