Ons dink: 3/5

Joe F se nuwe album, Hou My Vas, is wat kontemporêre musiek moet wees: Daar is danstreffers wat jou voete sal laat jeuk, maar die musiek kan ook die agtergrondklanke wees vir ’n langpadreis deur die Karoo.

Sou jy kies om die album te luister op pad see toe, kan jy maar reg wees om die volume oop te draai by snitte soos Ek Sien Jou en Jy’s My Vrou.

Joe span ook kragte saam met Wynand Strydom in die duet Wie Is Ons? en Carla Else in I Miss You, en albei is sag op die oor.

Volg Huisgenoot op Twitter.