Ons dink: 2/5

Hennie Jacobs het in 2006 sy eerste album, Chilli Confessions, uitgereik en nou is nommer twee hier: Velcrohart.

Die liedjies is meestal humoristies – Kwa Kwa Song, Soen en Kaalgat in die Kas staan uit. Dis amper asof hy stories vertel. Daar is ook ’n paar ballades soos Lang Pad en Kinderdae Helde, waarmee hy sy dieper kant wys. Met die uitsondering van twee snitte is al die liedjies uit Hennie se pen. Die man het talent, maar dit sal nie in almal se smaak val nie. Luister voor jy koop.

http://www.youtube.com/watch?v=8f5XGFfzFY4

Op soek na 'n beter prys? Klik op die mier!