Ons dink: 4/5

Haar dramatiese stem en teatrale verhoogpersoonlikheid het Heather Mac en haar groep, Ella Mental, talle aanhangers in die 80’s besorg.

Within is haar eerste album met nuwe liedjies in 20 jaar.

Haar stem is nog net so indrukwekkend en laat reg geskied aan ’n verskeidenheid goeie komposisies. Die styl wissel van rock en funk tot meer esoteriese wêreldklanke, aangevul deur Mark Harris se gevoelvolle kitaarspel. ’n Moet vir aanhangers.