Reël ’n braai tuis, rol die matte op en druk die eerste CD in jou speler. Kort voor lank sal jou gaste sokkie op die klanke van Rooi Rok Bokkie, Bietjie Bietjie Lam en Country Roads.

Teen die tyd dat die roomys en sjokoladesous opgeëet is, sal die tweede CD jou pelle teruglok vir ’n draai en ’n swaai met treffers soos You’re My Mate, Bokkie Bekkie Baby en Komaan Kom Dans.

Daar is ook vier nuwe deuntjies: Haba Haba, Terg My Perdeby, Liefie-Ding en Country Sokkie Boogie. Dié album gaan sorg vir ure se luistergenot.

Volg Huisgenoot op Twitter.