Ons dink: 4/5

Partytjiemusiek met ’n retro-tema is deesdae die inding en ’n nuweling op die toneel is die Kaapstadse groep GoodLuck.

Hul aansteeklike treffer Hop On Hop Off word dikwels oor die radio gehoor.

Hulle noem dit elektro-swing, maar ons noem dit retro-dans. Hoe dit ook al sy, dis ’n prettige, vars versameling ouskoolse klanke.

WEN: Vyf lesers kan elk ’n CD van GoodLuck wen. 

SMS waarvandaan in Suid-Afrika hierdie groep kom, jou naam en posadres voor 19 Mei om 17:00 na 34922. Elke SMS kos R1,50. Die borg is verantwoordelik vir die versending van die pryse aan die wenners binne ’n redelike tyd.