Ons dink: 4/5

Danksy Perceptions of Pacha het die Kaapstadse dansduo Goldfish ’n wêreldwye sensasie geword en hul opvolgalbum is net so skitterend.

Hulle hou by hul kenmerkende, jazzerige elektronika en aansteeklike ritmes in liedjies wat jou laat goed voel.

Daaronder tel die eerste enkelsnit, Get Busy Living, met sang deur Emily Bruce en Show You How waarop die groeplid David Pool vir ’n slag saamsing.

Briljant!