Ons dink: 3/5

Eers was daar sy sukses as die naaswenner in 2006 in die SABC2-program Supersterre, waarna die suksesvolle albums Onthou die Tye in 2007 en Ek Glo in Môre in 2009 gevolg het.

Met sy derde CD, Vreemde Wêreld, skyn George Meiring se ster ál helderder.

Die 14 snitte op die album is uiteenlopend, en liedjies soos Sewe Duisend Engele, Nuwe Liefde en die titelsnit staan uit. Die ballades is beter as die popliedjies, maar die balans is goed.

George se stem raak ál warmer; ’n mens wil luister. En hoewel in Engels, is die duet met Broers se Christo Snyman ’n heerlike verrassing.

Die album is net reg as jy die geraas van die lewe ná ’n lang dag wil stilmaak.

Volg Huisgenoot op Twitter.