Ons dink: 4/5

Die plaaslike trio Flash Republic het onlangs hul derde album, Killer Moves, uitgereik.

Tamara Dey se byderwetse sang laat dit van die groep se Euro-popalbum van verlede jaar afwyk, waarmee hulle baie lof ingeoes het.

Met dié dat In the Name of Dance klaar gereeld oor die radio gehoor word, kan Killer Moves maklik Flash Republic se suksesvolste album nog word.