Ons dink: 4/5

Eva Cassidy se musiek boei steeds 14 jaar ná haar dood.

Teken in op Huisgenoot

Die 12 akoestiese solosnitte bring hulde aan hierdie groot ster. Die meeste is voor gehore opgeneem met net Eva se kitaar as begeleiding en dit gee ’n rou klank aan haar meesleurende stem.

San Francisco Bay Blues, al nuwe komposisie op die album, is ’n pragtige postume nommer en haar aanhangers sal haar so wil onthou.