Die Spaanse sangsensasie is terug met sy negende ateljee-album en dis sy mees eklektiese een nog.

Sy aanhangers sal dit gate uit geniet, want nie net bevat dit Spaanse én Engelse liedjies nie, maar groot name soos Akon en Usher word ook daarop gehoor.

Van die hoogtepunte is I Like It (saam met die rapper Pitbull) en die opgewekte snit Heartbeat, ’n duet saam met Nicole Scherzinger van die Pussycat Dolls.