Ons dink: 3/5

Ná langer as vier dekades in die musiekbedryf reik die legendariese kitaarspeler sy 19de ateljeealbum uit.

Op die CD met 14 snitte snoer hy kragte saam met met JJ Cale en Steve Winwood.

Hy sluit ’n paar oorspronklike Clapton-komposisies in en wys sy liefde vir jazz met weergawes van immergroen wysies soos Autumn Leaves en How Deep Is the Ocean.Dit is ’n welkome afwisseling van sy blues/rock-klank.

Clapton se stem klink goed en sy kitaarspel is inspirerend.