Ons dink: 4/5

Sy debuutalbum wat sy naam dra, het al klaar verkooprekords vir ’n Suid-Afrikaanse Idols-wenner oortref.

Die goeie nuus vir aanhangers is dis ’n bielie van ’n dubbelskyfalbum met 19 pop- en rockliedjies.

Die treffer-enkelsnit Things My Father Said en Elvis se oorspronklike komposisies Lately, I’m on Fire en Lightly Tread wys hierdie veelsydige musikant het gekom om te bly.