Ons dink: 3/5

Elton John beweeg weg van pop en gryp Amerikaanse soul, country en gospel op sy nuwe album aan.

Daarop snoer hy met die legendariese sanger en liedjieskrywer Leon Russell kragte saam.

Dié gee ’n lekker rasperklank daaraan. Hy sorg met sy bydraes dat dit ’n ware liedjieskryf-vennootskap word.

Spits jou ore vir die eerste enkelsnit, If It Wasn’t for Bad, maar ons gunsteling is Gone to Shiloh.