Ray Dylan het die soort stem wat vroue herinner: Jy is ’n man, en ek ’n vrou.

Daar is iets rous en onpretensieus aan die hees kwaliteit in sy stem – hy klink soos ’n aantreklike bliksem van ’n hartebreker.

In hierdie opsig herinner sy nuwe album ’n bietjie aan die musiek van Steve Hofmeyr.

Op dié CD is geen voor die hand liggende treffer soos Jessica of Breek die Ys nie, maar die 16 uiteenlopende nommers bewys Ray se veelsydigheid.

Die rustiger liedjies en ballades soos As Ek Jou Moet Verloor, Strandfontein en Nog ’n Bietjie Meer wys hy kan die sensitiewe snare ook streel.

En dit maak hom nog gevaarliker!

EK WENS JY’S MYNE, RAY DYLAN

Bemarking: Select Musiek

Verspreiding: Select Music

Ons dink: 3/5

Op die internet:

Facebook-blad

www.raydylanonline.co.za