Ons dink: 4/5

Dat die rasper- en die engelstem nou so ’n uitstekende kombinasie kan wees!

Dit klink vreemd, maar die CD waarop Dozi enNianell kragte saamsnoer, werk uitmuntend.

Hulle gee mooi Engelse duette soos Tonight I Celebrate My Love for You die unieke Dozi-en-Nianell-kinkel.

’n CD vir enige romantiese snaar.