Ons dink: 3/5

Dis een ding om na countrymusiek te luister, en ’n ander om dit te maak.

Dié Suid-Afrikaners speel asof hulle van die Blue Ridge-berge kom.

Dis regte hillbilly-musiek, met ongelooflike tegniese vernuf en emosie uitgevoer.

Die groep bewys Suid-Afrikaners kán goeie countrymusiek maak. Dit laat ’n mens wonder wat hulle met oorspronklike liedjies kan regkry.