Ons dink: 1/5

Countrymusiek sonder emosie is soos ’n fliek sonder springmielies – iets voel net nie reg nie.

Hierdie is die Campbells se nuutste versameling afgewaterde kroegliedjies.

Ondanks bydraes deur legendes soos Fredi Nest,Clive Bruce en Lance James klink dit soos die werk van karaokeamateurs by die plaaslike hotel.

Nee wat, Suid-Afrikaners verdien darem beter countrymusiek as dit!