Haal diep asem en ontspan: Gerugte dat die suksesvolle groep Eden se paadjies gaan skei, is onwaar en die dubbelalbum Dekade kondig ook nie die einde aan nie, maar is bloot ’n viering van hul 10 jaar in die  musiekbedryf.

Al hul grootste treffers is daarop, en ook ses heerlike nuwe nommers, waaronder Lay Down beside Me (’n duet

met Lianie May) en Net Een Oomblik, die liedjie waarmee Christiaan Kritzinger verlede jaar Huisgenoot se Liedjieskryfkompetisie gewen het.

Selfs al het jy van hul vorige albums, kan jy gerus hierdie CD koop – dit voel soos wanneer jy deur ’n album vol

mooi herinneringe blaai.

Ons dink: 4/5