Ons dink: 3/5

Dis sy negende ateljeealbum en David Gray beïndruk steeds sy aanhangers met sy dromerige stem.

Foundling is net reg vir ’n ontspanne dag by die huis.

Liedjies soos Only the Wine, die titelsnit en Davey Jones’ Locker sal aanhangers van voor af op David laat verlief raak.

Luister ook na die bonus-CD met agt ekstra liedjies daarop.