Ons dink: 4/5

Dit lyk asof André Rieu dalk kompetisie het!

Met sy lang blonde hare en aantreklike voorkoms word dié Duits-Amerikaanse vioolwonder beskou as die David Beckham van die klassieke wêreld.

Sy sesde album spog met alles van ouskoolse klassieke snitte tot vertolkings van Nirvana se Smells Like Teen Spirit en die 007-tema Live and Let Die.

Op 30 is Garrett beslis al ’n maestro.