Ons dink: 3/5

Al het hy die sewende seisoen van American Idol gewen, was die rocker David Cook se loopbaan daarna stillerig.

This Loud Morning is sy tweede solo-album.

As jy ’n aanhanger is van rockgroepe soos 30 Seconds to Mars en OneRepublic, sal jy sy klank kan waardeer.

Spits jou ore vir Circadian, Take Me As I Am en The Last Goodbye, waarvan OneRepublic se Ryan Tedder ’n medeskrywer was.