Ons dink: 4/5

Die naaswenner van American Idol in 2007 was maar 16 toe hy op die talentprogram verskyn het, en dit maak hom een van die jongste Idols-deelnemers nog.

Kykers was dol oor die oulike sanger en sy eerste album was speelse pop.

Op sy derde album wys hy ’n volwassenheid wat resensente beïndruk en aanhangers verras. Dis ’n eklektiese mengsel van style wat wys hoe hy as kunstenaar gegroei het.

Volg Huisgenoot op Twitter.