Ons dink: 4/5

Omdat Cyndi Lauper bekend is vir haar poptreffers True Colors en Girls Just Want to Have Fun, is haar nuwe blues-album ’n groot verrassing – maar ’n aangename een!

Haar stem pas volmaak by die 13 blues- en soul-liedjies.

Cyndi het ook onder andere vir Charlie Musselwhite, Ann Peebles en die legendariese B.B. King genooi om hand by te sit.

’n Indrukwekkende poging!