Ons dink: 4/5

Intriguer is Crowded House se sesde CD en die tweede CD sedert hul tromspeler, Paul Hester, se selfmoord in 2005.

Die enkelspeler Saturday Sun dra die Crowded House-stempel en wemel van hul bekende klanke en lirieke.

Die weemoedige rustigheid wat jy in Amsterdam bespeur, duik ook elders op die CD op.

Hierdie album sal nie aanhangers teleurstel nie.