Ons dink: 4/5

Coldplay se vyfde album is ’n heel lywige aanbieding en kry oral goeie resensies. Die Suid-Afrikaanse uitreikdatum is goed gekies so kort ná die Britse groep se vertonings hier.

En as jy die konserte geniet het, sal jy gaande wees oor die album. Ondanks die vreemde titel hou ons van die titelsnit, en plaaslike aanhangers sal besitlik voel oor Paradise – die video is hier verfilm.

Volg Huisgenoot op Twitter.