Ons dink: 4/5

Met ’n stem wat deels Annie Lennox, deelsCeline Dion en deels Heather Small van M People is, sorg hierdie Britse nuweling vir uitstekende luistergenot. Light after Dark is pure poplekkerte met ’n tikkie R&B.

Sy sing snitte soos Last Dance, Shield and Sword en Ain’t Nobody met die gemaklike selfvertroue van haar mede-Brit Adele.

Clare se eerste album het al die kenmerke van ’n toptreffer.