Ons dink: 2/5

As jy lus het vir ’n partytjie, is Chrizaan se tweede album, Verslaaf aan Jou, net reg.

Dié 22-jarige relatiewe nuweling op die Afrikaanse musiekfront se nuutste album bevat 14 polsende snitte en is nommerpas vir ’n sokkie. Jy kan veral op Na-Na-Na, Lekker Speeltyd en Baby Dis Al lekker dans.

Chrizaan se eerste album, In My Hart, is in 2009 uitgereik.

Haar liedjies is soos spookasem: soet op die tong, maar g’n diepe sielsreis nie. Die titelsnit, Liewe Heksie en Lollipop sal jou gou opbeur ná ’n lang dag. En soos spookasem sal jy dalk hieraan verslaaf kan raak!