Ons dink: 4/5

Dié Suid-Afrikaans gebore sanger, liedjieskrywer en fliekkomponis (hy het die klankbaan vir My Black Little Heart geskryf) woon deesdae in Londen; dalk dié dat sy jongste album ’n internasionale gevoel het.

Die genre is onmoont- lik om te peil; dis indie, eksperimenteel en ’n klavier word regdeur goed ingespan. Die onsamehangendheid skrik jou nie af nie; dis goeie musiek, al is dit effe vreemd.

Volg Huisgenoot op Twitter.