Ons dink: 4/5

Wat ’n luister-ervaring! Chris span sy stemgimnastiek in saam met die Drakies en saam-saam voer hul meesleurende klanke jou ver, ver weg. Dié album is ’n jare lange droom van dié veelsydige sanger wat nou waar word. Hy bring geestelike en klassieke musiek treffend byeen. Daar is selfs ’n nuwe weergawe van sy gewilde liedjie Apie.

Gaan lê plat op jou rug en luister met jou hele wese na Serenade, Lied van die Gebreekte Riete, Droomverlore en die hoogtepunt en laaste snit, Pie Jesu. Sjoe! ’n Lieflike, superslim saamwerkpoging. As jy goeie klassieke en geestelike musiek kan waardeer, sal jou ore jou hiervoor bedank.

– HAIDEE MULLER

Op soek na ‘n beter prys? KLIK op die mier.    pricecheck-new