Ons dink: 2/5

Met haar sewende ateljeealbum verruil Sheryl haar gewone country- en poprock-klanke vir ’n meer antieksjiek Memphisgevoel.

Sy gebruik ook minder instrumente en fokus meer op die gehalte van haar stem.

Sy beïndruk soos gewoonlik, maar die liedjies neig om te draal en word ná ’n rukkie vervelig.

Spits jou ore vir die titelsnit, Our Love Is Fading, en Eye to Eye saam met Keith Richards.