Ons dink: 4/5

Die manne van Celtic Thunder is nie net iets vir die oog nie; hulle kan sing ook.

Op die album is solo- en ook groepnommers, en met die eerste luister kan jy jou amper verbeel jy luister na die Engelse weergawe van Die Heuwels Fantasties.

Later klink hulle weer soos Romanz en daar is beslis iets vir elkeen se smaak. Luister gerus na Heartland, The Voyage en Love Thee Dearest.