Ons dink: 4/5

As jy nog nie van Caro Emerald gehoor het nie, luister mooi – sy is iemand wat jy moet dophou!

Dié Nederlandse jazz-sanger se debuutalbum maak opslae in Europa en boer al langer as ses maande op die Nederlandse trefferlyste.

Hier by ons is die enkelsnit, Back It Up, op 5FM se speellys.

Die res van die 12 liedjies is ewe aansteeklik.