Ons dink: 2/5

Jy moet óf ’n groot aanhanger van hom wees óf baie van klipharde musiek hou om hierdie kitaarmeester se 18de album te geniet.

Hy span groot name in om hom 12 bekende rockliedjies soos Riders on the Storm te help uitvoer.

Maar pleks van vars hervertolkings bly ons sit met ’n gemors wat al te veel gespeel is.

Onthou volgende keer eenvoud is beter, Carlos!