Ons dink: 3/5

Hierdie opname van ’n konsert waar Bryan Adams sy 20 grootste treffers sing, is ’n moet vir die Kanadese sanger se aanhangers.

Al nadeel is dat die gehoor hom skoon doodsing wanneer hulle lustig saamsing aan treffers soos Summer of ’69, Cloud Number Nine, All for Love, Straight from the Heart en The Only Thing That Looks Good on Me Is You.