Ons dink: 4/5

Die popprinses se sewende album is eindelik hier.

Brit het haar musiekstyl herskep en hierdie 12 snitte het meer ’n pop/dans-gevoel.

Met Big Fat Bass saam met will.i.am en Till the World Ends wys sy hoeveel sangtalent sy werklik het.

Intussen maak Hold It against Me opgang op trefferlyste. ’n Moet vir alle aanhangers, jonk en oud.