Ons dink: 4/5

Hy is beter bekend as die sexy hoofsanger van die rockgroep The Killers, maar Brandon Flowers spog nou met ’n

treffersoloalbum.

Die sanger en liedjieskrywer het sy eie stempel op sy eerste soloaanbieding afgedruk. Die lirieke is persoonliker, soos Welcome to Fabulous Las Vegas, ’n liedjie oor die stad waarin hy grootgeword het.

Crossfire en Was It Something I Said is ook uitmuntend.