Ons dink: 3/5

Aanhangers van Boney M sal hierdie funky album met vermengings en hervermengings geniet.

Dit begin met twee vermengings van 15 minute lank van klassieke Boney M-liedjies met die huidige danstreffer Barbra Streisand deur die groep Duck Sauce tussenin en ook No Mercy se Where Do You Go.

Daar is ook nuwe weergawes van ou gunstelinge soos Ma Baker.