Ons dink: 3/5

.

Dit sorg dat Blackie Swart en die Johnny Black Band se jongste CD, Saam met die Wind, propvol lekkerluisterliedjies is. Die Amerikaanse countryrock en Suid-Afrikaanse kwaito-invloede kan jy duidelik hoor.

Al kom die nommers op die album uit verskillende genres en is hulle in Afrikaans en Engels, vorm dit tog ’n geheel. Daarby looi Blackie sy kitaar soos ’n ware countryrocker.

Party liedjies, veral One More Tequila, se lirieke word wel ’n bietjie herhalend, maar jy hoor elemente van hartseer, vreugde en komedie op die meeste van die 16 snitte.

Ideaal vir ’n lang, rustige motorreis deur die platteland.