Ons dink: 4/5

Beyoncé stel selde teleur en ná ’n sololoopbaan van agt jaar is sy steeds een van R&B se grootste sterre.

Op 29 verskuif sy die grense op haar vierde album met sy gepaste naam.

Spits jou ore vir 1+1 en Let’s Start Over.

Sy sit ’n huppel in haar stap met die speelse Love on Top en Countdown. End of Time kombineer luidrugtige marsjeertromme, staccato horings en sang wat na die dieptes daal.

Dis Beyoncé soos ons haar leer ken het.

Volg Huisgenoot op Twitter.