Met haar debuutalbum, As die Reën Val, verras Marlouise Venter met ’n suiwer nagtegaalstem en aansteeklike refreine en deuntjies.

Sy het die meeste van die liedjies self geskryf. Dit klink na pure popmusiek, maar sy het klaarblyklik baie tyd aan die lirieke bestee en dit lewer ’n album op met ’n hart wat sterk klop.

Liedjies soos Eerste Liefde en Jy Sal Kom raak by tye soetsappig, maar die album is steeds ’n spogproduk.

Van die hoogtepunte is Soen met die Wind, Woorde en Kleure.

Volg Huisgenoot op Twitter.