Op haar 11de ateljee-album het Kylie die popdeuntjies waarvoor sy so bekend is vir ’n meer kommersiële dansritme verruil, maar dis steeds onmiskenbaar sy.

Die vervaardiger Stuart Price, wat al lank met Madonna saamwerk, se invloed is duidelik op 10 van die 12 opgewekte dansbaantreffers te bespeur.

Luister na Closer, Aphrodite, Too Much en Get Outta My Way.