Ons dink: 4/5

Amos Lee se stem bly jou by. Sy musiek is diep, rustig, briljant en hy is ’n ongelooflike liedjieskywer.

Hierdie album is ’n skatkis en elke keer dat jy daarna luister, sal dit jou nog meer verras.

Dink aan Lucinda Williams en Willie Nelson – hulle word ook albei op die album gehoor – en geniet ’n wonderlike toer deur folk, soul, rock en country.

Dis musiek uit die heel boonste rakke!