Jy kry die gevoel Bouwer Bosch, voorheen ’n lid van die musiekgroepe Straatlig­kinders en Dans Dans Lisa, wil nie te ernstig opgeneem word nie.

En dis goed so, want die bedryf kort mense wat hul werk met ’n skeutjie humor kan dokter.

Tog sukkel ’n mens met sy debuut-soloalbum om by sy ligsinnige kant verby te kyk.

Op sy eie kan Bouwer se stem neulerig klink, maar hy is innoverend en nooit vervelig nie.

Volg Huisgenoot op Twitter.