Ons dink: 2/5

Haar enkelsnitte Happiness en Good Girl boer op die plaaslike trefferlyste en dis ook die beste nommers op die voormalige finalis in America’s Got Talent se debuutalbum.

Die 18-jarige sanger sing oor tienerliefde en die styl wissel van pop en akoestiese ballades tot reggae.

Dis ligte luisterstof wat niemand sal ontstel nie, maar beïndruk nie juis nie.

Hopelik sal haar volgende poging meer van haar eie persoonlikheid laat deurskemer.

Volg Huisgenoot op Twitter!