Ons dink: 4/5

Hierdie Romeense sanger is al lank op pad na internasionale roem.

Haar eerste enkelspeler, Lollipop (Param Pam Pam), het in 2009 die Europese klubs getref. Nou het sy eindelik haar debuutalbum uitgereik en die funky, aansteeklike enkelsnit Mr Saxobeat het almal aan die gons.

Benewens Lollipop is die ander noemenswaardige snit Get Back (ASAP). ’n Wonderlike toevoeging tot enige partytjie-speellys.

Volg Huisgenoot op Twitter