Ons dink: 3/5

Hul eerste album sonder hul liriekmeester, Hunter Kennedy, is steeds onmiskenbaar aKING metLaudo Liebenberg se hees stem, die melodieuse rockklanke en ritmiese tromme.

Hul geharde aanhangers sal gek wees daaroor en weer en weer daarna luister, maar dit is nie hul beste album nog nie.

Geen snit kom byvoorbeeld naby hul heel eerste treffer, The Dance, nie.