Afrikaans Is Groot Vol. 4 is nog ’n lekker versameling treffers en bied genoeg luistergenot om dit die geld werd te maak.

Op die eerste CD is 20 snitte soos Corlea se Gee Jouself vir My, Andriëtte se Vat My Hoër en Jay se radiotreffer Kan Nie Sonder Jou Nie.

Daarna wag die tweede CD met die bestes van 2011, soos Bobby van Jaarsveld se Spieëltjie. Goue oues soos Gerhard Steyn se Baby Tjoklits en Juanita du Plessis se Engel van My Hart is van die ander hoogtepunte.

’n DVD met dieselfde naam is ook te kry.

Volg Huisgenoot op Twitter.