Ons dink: 5/5

Sy het ons met haar megatreffer Chasing Pavements van 2008 verstom en nou keer die Britse sanger Adele terug met haar tweede album.

Die 13 snitte, almal soul met bluesklanke, was beslis die wag werd.

Jy sal van die openingsnit, Rolling in the Deep, af wil saamneurie. Ons is ook dol oor Rumour Has It, Set Fire to the Rain, I’ll Be Waiting en die melancholiese Turning Tables.